VSA. – ‘n Tiener, Desmond Holly (16) het selfdood gepleeg nadat hy Woensdag twee leerlinge by Hoërskool Evergreen, waar hy ‘n student was, geskiet het.
Lees ook: Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’
Holly het met ‘n rewolwer en verskeie rondtes ammunisie per bus skool toe gegaan en toe verskeie skote geskiet voordat hy homself geskiet het. Hy en die twee leerlinge wat hy gewond het, is na ‘n hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.
Die ander twee leerlinge is steeds in ‘n kritieke toestand. Volgens owerhede van die Jefferson-balju se kantoor is Holly voor die aanval “deur ‘n ekstremistiese netwerk beïnvloed”.
Die polisie het gesê Holly het meer mense probeer skiet, maar kon nie by hulle uitkom nie. Owerhede moet besluit of Holly se ouers aangekla moet word in verband met die aanval of hulle seun se besit van ‘n vuurwapen.
Bronne: Economic Times, Daily Mail, The Denver Post
Lees ook: Ondersoekers sê skoolskieter was ‘behep met idee van kinders doodmaak’





