Trump stel voor TV-netwerke wat teen hom gekant is moet ‘dalk’ hulle lisensies verloor

Lees ook :

Trump stel voor dat TV netwerke wat teen hom gekant is ‘dalk’ hulle lisensies moet verloor fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president Donald Trump het voorgestel dat TV-netwerke wat teen hom gekant is “dalk” hulle lisensies moet verloor.

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Dit volg nadat druk van sy administrasie veroorsaak het dat Jimmy Kimmel deur die ABC-netwerk geskors word nadat hy gesuggereer het Charlie Kirk se moordenaar is ‘n Trump-ondersteuner. Kimmel het gesê “die MAGA-bende” het probeer om Kirk se moordenaar “as enigiets anders as een van hulle uit te beeld en doen alles wat hulle kan om politieke munt daaruit te slaan”. Hy het gesê Trump se reaksie op Kirk se dood is “hoe ‘n 4-jarige oor ‘n goudvis rou” en hy het die aanval veroordeel en sy “liefde” aan die Kirk-familie gestuur.

Kimmel se skorsing is kort daarna aangekondig met ABC wat gesê het sy aanmerkings was “aanstootlik en onsensitief”.

Trump het gesê die netwerke wat teen hom is “gee my net slegte publisiteit. Ek bedoel hulle kry ‘n lisensie. Ek dink dalk moet hulle lisensie weggevat word”.

Bronne: BBC, USA Today, CBS News

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief