BLOEMFONTEIN. – Thabo Bester, Nandipha Magudumana en hulle medebeskuldigdes sal vandag weer in die Vrystaat-hooggeregshof verskyn.
Lees ook: Thabo Bester en Nandipha Magudumana in hof oor Netflix-reeks
Die verhoor aangaande Bester se ontsnapping uit die Mangaung-tronk in Mei 2022 is verskeie kere uitgestel. Bester het gesê hy het nie genoeg tyd vir ‘n konsultasie met sy prokureurs nie en dat dit kan veroorsaak dat hy nie ‘n regverdige verhoor kry nie.
Die kwessie van sy regsfooie moet ook duidelik gemaak word voordat die verhoor kan begin. Bester het ook gekla oor sy omstandighede in die tronk, wat insluit versoeke vir ‘n skootrekenaar, sekere kos en klere om tydens hofverskynings aan te trek.
Die regsverteenwoordiging van Nandipha se pa, Zolile Sekeleni, moet ook aangespreek word nadat sy aansoek vir regshulp afgekeur is.
Bronne: SABC, eNCA, OFM
Lees ook: Thabo Bester en Nandipha Magudumana in hof oor Netflix-reeks




