Mari-Alena en gesin hoop steeds op ‘n wonderwerk

Lees ook :

Foto's: Michele Potgieter

Mari-Alena Potgieter (23) se familie hou ondanks ontnugterende mediese nuus dat sy slegs nog ‘n paar dae oor het om te leef aan hoop en geloof vas. Die gesin het vandag dié nuus ontvang, nadat Mari-Alena reeds intensiewe kankerbehandeling in Suid-Afrika en Israel ontvang het.

Michele Potgieter, haar ma, sê in ‘n sosialemediaplasing dokters het verlede Maandag reeds bevestig dat alle beskikbare behandelingsopsies uitgeput is. Na maande se intensiewe behandeling, insluitend chemoterapie, bestraling, CAR-T-selterapie in Israel en verdere terapie in Suid-Afrika, toon toetse dat die aggressiewe kanker steeds vinnig versprei. Saterdag moes daar bykans vier liter vloeistof uit Mari-Alena se buikholte gedreineer word.

“Die resultate het bevestig dat die kankerselle nog baie aktief is. Die dokter het verduidelik dat ons nou in dae en nie meer weke of maande moet dink nie,” deel Michele.

Ten spyte van die mediese werklikheid, klou die gesin vas aan hul geloof in ’n wonderwerk. “Maar God! Ons vertrou steeds die Here vir ’n wonderwerk. Net Hy kan dit doen, geen dokter, geen behandeling nie. Ons glo Hy hou haar lewe in sy hande,” sê Potgieter.

Sy vra die gemeenskap om saam met hulle te bid. “Bid asseblief soos nooit tevore nie. Al is dit ondraaglik om te hoor, het ons vrede, haar lewe is in die Here se hande.”

Mari-Alena, wat self maande gelede ’n skildery gemaak het van ’n figuur wat aan die soom van Jesus se kleed raak, hou vas aan daardie beeld van geloof.

Die Potgieter-gesin vra dat almal in hierdie moeilike tyd aanhou bid vir krag, vertroosting en ’n wonderwerk. As gesin het die familie jare gelede van Suid-Afrika na Reni in die Oekraïne verhuis, om die Here se werk te doen. Michele bring gereeld nuus uit Oekraïne.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief