KRANSPOORT. – Drie verdagtes is vir ondervraging in aanhouding geneem nadat twee liggame Vrydag op ‘n plot in die Kranspoort-gebied gevind is.
Lees ook: Sewe in hegtenis vir moord op vermeende kabeldief
Die twee liggame van onbekende slagoffers is op ‘n plot gevind waar die liggame in stukke opgekap is.
Drie verdagtes is deur die polisie in aanhouding geneem vir ondervraging, terwyl die ondersoek steeds aan die gang is.
Bronne: SAPD





