Polisiebeamptes in hof nadat kollega sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Konstabels van die Moroka-polisiekantoor het Dinsdag op aanklagte in die Roodepoort-landdroshof voorgekom nadat ‘n kollega glo tydens ‘n inhegtenisneming noodlottig gewond is deur ‘n skoot wat afgegaan het.

Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring konstabels Keaney Khuzwayo, Mbali Mahlangu, Nhlanhla Hadebe en Sipho Nhleko word van regsverydeling aangekla, terwyl Mahlangu buiten regsverydeling boonop deur ‘n aanklag van strafbare manslag in die gesig gestaar word.

Die saak spruit uit ’n voorval toe dié polisiebeamptes aan diens was en ’n Volkswagen Polo met drie insittendes naby Nancefield-hostel genader het. Konst. Nhlamulo Vukeya het een van die insittendes deursoek en op ’n onwettige vuurwapen afgekom. Terwyl hy besig was om die man te boei, het ’n skoot afgegaan en hom in die lies getref. Hy is by aankoms in ‘n hospitaal dood.

Daarna het die ander beamptes glo saamgesweer om vals verklarings af te lê wat die Polo-insittendes by Vukeya se dood sou impliseer. Die drie verdagtes van die Volkswagen Polo is vir maande aangehou voordat die direkteur van openbare vervolging besluit het om die polisielede te vervolg.

Die saak is tot 5 November uitgestel om regsverteenwoordiging te finaliseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief