Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein maak weer verskyning

Lees ook :

Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein maak weer verskyning fotokrediet: X

VSA. – Die standbeeld wat Donald Trump en Jeffrey Epstein uitbeeld wat hande vashou, het weer ‘n verskyning by die National Mall gemaak nadat dit verlede week verwyder is.

Lees ook: Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein verwyder ondanks permit

Die standbeeld getitel Best Friends Forever het op 23 September by die National Mall in Washington verskyn met ‘n gedenkplaat wat lees: “Ons vier die lankstaande band tussen president Donald J. Trump en sy ‘naaste vriend’ Jeffrey Epstein”. Die groep, The Secret Handshake, wat verantwoordelik was vir die standbeeld, het ‘n permit gehad dat die beeld daar tot tot 28 September kan staan,. Dit is egter op 24 September verwyder omdat dit volgens parkowerhede nie voldoen het aan die permitbepalings nie.

The Secret Handshake het die standbeeld verlede Donderdag teruggekry en dit teruggesit nadat hulle ‘n nuwe permit gekry het.

Bronne: The Independent, NBC News, Daily News

Lees ook: Standbeeld van Donald Trump en Jeffrey Epstein verwyder ondanks permit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief