GAUTENG. – Luidens ‘n verklaring wat Donderdag deur die departement van gesondheid uitgereik is, het die Thembisa- provinsiale tersiêre hospitaal se geestesgesondheidsorg aansienlik verbeter het sedert ‘n video van Desember 2022 ‘n somber prentjie geskets het.
Volgens die departement is die betrokke video in Desember 2022 geneem, toe ’n oorlading in die ongevalle-afdeling voorgekom het. Die video is nou weer gedeel en laat dit lyk asof pasiënte steeds onder swak toestande versorg word. Dit word deur die departement beklemtoon dat daar tans geen geestesgesondheidsorgpasiënte is wat op beddens wag nie. Die hospitaal het intussen die toelatingskapasiteit verhoog sodat alle pasiënte betyds geassesseer en opgeneem kan word.
Tembisa-hospitaal werk ook saam met Solomon Stix Morewa-hospitaal om gekwalifiseerde geestesgesondheidsorg aan pasiënte te bied. Ná ’n brand in April vanjaar is die oorlading by die ongevalle-afdeling aangespreek. Die afdeling is weer op 29 September oopgestel.
Die departement het die “misbruik van sosiale media” skerp veroordeel en gewaarsku dat dit mense kan afskrik om broodnodige sorg te soek.


