Hulp gevra om ‘ontvoerde’ Kimberley-vrou op te spoor

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Amanda Ward (32) is na bewering Vrydag omstreeks 23:00 uit ‘n huis in Beaconsfield ontvoer. Die Kimberley-polisie vra hulp om Ward op te spoor.

Sers. Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Ward en haar kêrel het by die huis gekuier toe drie gewapende mans hulle glo met messe aangeval het. Die verdagtes het glo die kêrel met ’n kombers bedek, die paartjie beveel om stil te bly en besittings geëis.

Kort daarna het Ward se kêrel glo gehoor hoe die mans haar opdrag gee om saam met hulle te gaan. Hulle is met haar weg en dit was die laaste keer dat sy gesien is. Ward se kêrel is tydens die aanval met ’n mes gesteek en het daarna die voorval by die polisie aangemeld. ’n Saak van poging tot moord en ontvoering word tans ondersoek.

Die polisie vra enigiemand met relevante inligting oor Ward om speur.AO. Desmond Markgraaff by 078 047 4437 of 053 838 4208 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief