Nog ‘n Franse museum die week beroof

Lees ook :

Nog ‘n Franse museum beroof die week fotokrediet: X

FRANKRYK. – Ongeveer 2000 goue en silwer munte ter waarde van $104 000 is Sondagaand by ‘n museum in Landres, ure ná die inbraak by die Louvre-museum, gesteel.

Lees ook: Veiligheidskameras in Louvre het nie gebied van inbraak gedek nie

Die rooftog het tydens toemaaktyd by die museum, wat toegewy is aan die Franse filosoof Denis Diderot, in Landres plaasgevind.

Museumwerkers het die diefstal die volgende dag ontdek. Die ingangsdeur was stukkend en stukke glas het in die voorportaal gelê. Niks behalwe die munte word vermis nie.

Die munte is in 2011 in ‘n historiese woning, wat nou die museum is, in die hout weggesteek gevind. Die muntstukke dateer vanaf 1790 tot 1840.

Ses goudstukke is verlede maand in ‘n diefstal by die Paryse Natural History Museum gesteel. ‘n Chinese burger is vir hierdie diefstal in Barcelona in hegtenis geneem toe sy gesmelte goud probeer verkoop het.

In September het diewe twee Chinese porseleinborde en ‘n blompot van die nasionale porseleinmuseum in Limoges gesteel. Die items is steeds vermis en niemand is vir die diefstal in hegtenis geneem nie.

Bronne: BBC, Times of India, MoneyControl

Lees ook: Veiligheidskameras in Louvre het nie gebied van inbraak gedek nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief