Brekende Nuus
Afrikaans

Veiligheidskameras in Louvre het nie gebied van inbraak gedek nie

Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek

fotokrediet: Canva
Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – Die direkteur van die Louvre-museum, Laurence des Cars, het gesê die een veiligheidskamera in die Appollo-galery waar die juweeldiewe ingebreek het, was in die verkeerde rigting gedraai en het nie die gebied op die balkon gedek nie.

Vier juweeldiewe het Sondag nege items uit die Franse kroonjuwele gesteel.

Die beskadigde kroon wat op die diewe se ontsnaproete gevind is, kan volgens Des Cars herstel word.

Die diewe is steeds soek.

Bronne: BBC, ABC NEWS, NBC News

Lees ook: Soektog na Louvre-juweeldiewe duur voort