PENNSILVANIë. – Een persoon is dood en ses is beseer ná ‘n skietery by ‘n universiteitsbyeenkoms by die Lincoln-universiteit in Pennsilvanië.
Lees ook: Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit toe ma hulle alleen los
Die skietery het Saterdagaand by die universtiteit uitgebreek waar studente en oud-studente ná ‘n sportwedstryd gekuier het.
‘n Persoon met ‘n vuurwapen is in hegtenis geneem, maar dit is nie bekend of die persoon ‘n verdagte is nie. Die motief vir die skietery is onbekend. Die polisie se ondersoek sal bepaal of daar meer as een skieter was.
Bronne: The Independent, Rolling Out, Indian Witness
Lees ook: Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit toe ma hulle alleen los





