Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit toe ma hulle alleen los

Lees ook :

Meisie (5) gooi glo 21 dae ou baba by venster uit nadat ma hulle alleen los fotokrediet: X

VASILYEVO, RUSLAND. – ‘n Meisie (5) het glo haar 21 dae oue babasuster by ‘n venster van die vierde verdieping van ‘n gebou waarin hulle woon, uitgegooi nadat hulle ma hulle alleen gelos het.

Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre

Die ma het haar alleen met die baba gelos terwyl haar man by die werk was. ‘n Mediaberig het beweer die ma het by ‘n vriendin gaan kuier en die kinders by die huis gelos.

Verbygangers in Vasilyevo, Rusland, het die meisie vanaf die vierde verdieping hoor skree en toe die baba op die grond gesien.

Die dood van die baba word ondersoek. Die ma kan tronkstraf opgelê word. Ondersoekers het gesê hulle ondersoek die moontlikheid of die meisie “jaloers” was op die baba.

Bronne: The Sun, Express, Daily Mail

Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief