GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die situasie oor die gebruik van ’n vragmotor om boomstompe in ’n straat buite ’n SANW-woning te verwyder, opgeklaar. Die betrokke voertuig het nie van Outshoorn af gekom om uitsluitlik boomstompe in Pretoria te verwyder nie.
Volgens die SANW het bure oor die boomstompe by ‘n weermaghuis gekla. Die vragmotor wat gebruik is om die boomstompe te verwyder, behoort aan die departement van verdediging in Lyttelton, Pretoria. Volgens die weermag steek daar geen waarheid in die bewering dat die betrokke voertuig van Oudtshoorn af gekom het net om die boomstompe te verwyder nie. Die SANW het bevestig die voertuig was in Oudtshoorn vir ander take en het ná voltooiing daarvan teruggekeer na sy tuisbasis in Pretoria.
Die vragmotor was dus reeds in Pretoria vir ander pligte toe dit aangewys is om die boomstompe in die straat te verwyder.






