Nog vyf verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre

Lees ook :

Nog vyf verdagtes in hegtenis vir Louvre-museum inbraak fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – Nog vyf verdagtes is gisteraand in Parys vir die inbraak by die Louvre-museum in hegtenis geneem.

Lees ook: Veiligheidskameras in Louvre het nie gebied van inbraak gedek nie

‘n Hoofverdagte is een van dié wat gisteraand in hegtenis geneem is. Die inhegtenisneming volg nadat twee verdagtes wat voorheen aangekeer is “gedeeltelik erken het” dat hulle betrokke was by die roof. Die hoofverdagte en die ander twee is moontlik deel van die 4-persoon span wat die inbraak uitgevoer het. Die vierde persoon wat deel was van die span, word nog gesoek.

DNS van een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, kan aan die misdaadtoneel verbind word.

Dit is onbekend hoe die vier ander verdagtes by die inbraak betrokke was. Die Franse aanklaer Laure Beccuau het gesê hulle “sal mettertyd inligting vrystel oor hoe die voorval plaasgevind het”.

Bronne: BBC, CNN, ABC

Lees ook: Veiligheidskameras in Louvre het nie gebied van inbraak gedek nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief