PARYS, FRANKRYK. – Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die inbraak by die Louvre-museum het “gedeeltelik erken dat hulle betrokke was” volgens die Paryse aanklaerskantoor.
Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre
Die verdagtes wat in aanhouding is, is glo die twee wat gereedskap gebruik het om by die Appollo-galery in te gaan en van die Franse kroonjuwele gesteel het.
Die Paryse aanklaer, Laure Beccuau, het gesê die juwele is nog nie gevind nie en dat die verdagtes meer kan wees as die vier mense wat op die dag van die diefstal by die galery was.
Die twee verdagtes, albei in hulle 30’s, het kriminele rekords en is deur DNS op die toneel geïdentifiseer.
Een verdagte is in hegtenis geneem toe hy ‘n vlug na Algerië wou neem, maar Beccuau het gesê die ander man was nie op pad land uit nie, ten spyte van vroeër mediaberigte.
‘n Derde verdagte is gisteraand in Parys in hegtenis geneem.
Bronne: BBC, CNN, ABC





