Meer as 700 bendelede in Wes-Kaap vasgetrek

Lees ook :

Foto: City of Cape Town

WES-KAAP. – Gedurende die afgelope sewe maande het die polisie 722 vermeende bendelede in Kaapstad en omliggende gebiede in hegtenis geneem en op meer as 1 500 onwettige vuurwapens beslag gelê.

Volgens brig. Athlenda Mathe, die nasionale polisiewoordvoerder, sê genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, die jongste syfers wys dat die Wes-Kaapse polisie vasbeslote bly om bendeverwante misdaad in die provinsie hok te slaan. Mathe bevestig sedert 1 April is meer as 980 polisielede daagliks in sogenaamde bende-brandpunte ontplooi, waaronder 800 beamptes van die polisie in Kaapstad en nog 182 bykomende lede van die polisiehoofkantoor. Dit is bykomend tot die meer as 9 000 beamptes wat by 62 polisiekantore in die stad werk. Samewerking tussen die polisie, ander wetstoepassingsagentskappe en veiligheidsvennote het gelei tot talle inhegtenisnemings in gebiede soos Mitchells Plain, Mfuleni, Delft, Bishop Lavis, Tafelsig, Muizenberg, Grassy Park en Manenberg.

Die grootste aantal inhegtenisnemings was vir dwelmbesit, met meer as 54 000 verdagtes wat van 1 April tot op hede in hegtenis geneem is. Daarbenewens is 2 296 persone in hegtenis geneem vir dwelmhandel, 96 vir bendeverwante moorde en 60 vir poging tot moord. Gedurende dieselfde tydperk het polisiebeamptes op 1 565 vuurwapens en meer as 39 000 rondtes ammunisie beslag gelê.

Masemola sê die polisie het sedert 2021 meer as 2 400 nuut opgeleide beamptes in die Wes-Kaap ontplooi om misdaadbekamping te versterk. “Ons sal voortgaan om die provinsie te ondersteun en saam met gemeenskappe te werk om bendegeweld hok te slaan,” het hy gesê. “Sterk vennootskappe met gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidstrukture bly noodsaaklik om hierdie misdaad te beveg.”

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief