GASA. – Israel het bevestig dat die liggaam wat gister deur Hamas aan die Rooikruis oorhandig is, die liggaam van die Israelies-Amerikaanse soldaat Itay Chen is.
Lees ook: Israel bevestig liggame wat deur Hamas oorhandig is, was soldate
Chen (19) se ligggaam is gister oorhandig en die identifikasieproses is voltooi en sy familie in kennis gestel. Hamas het gesê sy liggaam is in die oostelike Shejaiya-buurt van Gasastad gekry.
Chen was ‘n stafsersant in die Israeliese weermag se Sewende Brigade toe Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het. Die Israeliese weermag het gesê Chen is in ‘n tenk gedood tydens ‘n geveg in Kibbutz Nir Oz en dat sy liggaam deur Hamas na Gasa gyselaar geneem is.
Daar is nog sewe liggame van gyselaars in Gasa wat aan Israel oorhandig moet word.
Bronne: BBC, CBS News, PBS
Lees ook: Israel bevestig liggame wat deur Hamas oorhandig is, was soldate





