Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir dele van die Noord-Kaap uitgereik.
Lees ook: Onbevestigde tornado gister naby Harrismith gesien
Daar is’ n moontlikheid van oorstromings, hael, gevaarlike weerlig en swaar reën. Die weerdiens het mense aangemoedig om indien moontlik by die huis te bly.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is ook vir vandag vir dele van die Noord-Kaap uitgereik.
Daar is’ n moontlikheid van oorstromings en hael.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD
Lees ook: Onbevestigde tornado gister naby Harrismith gesien





