GAUTENG. – Vier verdagtes is Vrydag tydens ‘n skietery met die polisie in Gauteng doodgeskiet.
Lees ook: Reën voorspel vir die week
Die polisie het inligting ontvang dat die verdagtes glo ‘n transitorooftog beplan. Hulle het die verdagtes in ‘n wit Fiat naby Bronkhorstspruit sien ry en hulle probeer voorkeer.
Die verdagtes het op die polisie begin skiet, waarop die polisie teruggeskiet het. Drie verdagtes is dood.
‘n Tweede voertuig is in Welbekend gesien en toe die polisie die voertuig probeer voorkeer, het nog ‘n skietery uitgebreek. Een verdagte is dood en een het gevlug. Vuurwapens is op albei tonele gekry.
Die vyfde verdagte is by ‘n wegkruiphuis in Dennilton, Limpopo in hegtenis geneem. Vuurwapens, ‘n ploftoestel en gekaapte Mercedes-Benz is by die huis gevind.
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en besit van ongelisensieerde voertuie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Reën voorspel vir die week





