MPUMALANGA. – Estelle de Beer (43) is op R1 000 borgtog vrygelaat, terwyl Zinhle Mabuza (23) in aanhouding bly hangende die verifikasie van ‘n woonadres. Die twee is van dwelmhandel beskuldig, nadat leerlinge van ‘n plaaslike skool met damprookpype (vape) wat dagga bevat het, betrap is. Die voorval het tydens die eksamen plaasgevind.
Kapt. Mpho Nonyane-Mpe, polisiewoordvoerder, sê albei die beskuldigdes sal weer op 17 November in die Witrivier-landdroshof voorkom.
Lees meer hier onder:





