SAOEDI-ARABIЁ. – 45 Indiese reisigers is dood nadat die bus waarin hulle op pad was na Medina in Saoedi-Arabië in ‘n ongeluk waarby ‘n olietenkwa glo betrokke was, aan die brand geraak het.
Lees ook: Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede
Daar was 46 passasiers op die bus. Die enigste oorlewende is in die intensiewe sorgeenheid van ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.
Die reisigers was op pad van Mekka na Medina toe die ongeluk plaasgevind het.
Geen verdere inligting oor die ongeluk is beskikbaar nie.
Bronne: BBC, NDTV, ABC News
Lees ook: Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede





