Glo laat vir eksamen – 3 sterf toe leerling met ouervoertuig ry

Lees ook :

Foto: Thohoyandou City

LIMPOPO. – Calvin Makola, ‘n gr. 11-leerling van Hoërskool A.M. Mashego, was glo Vrydag laat vir sy eksamen wat om 09:00 sou begin. Sy ouers het glo hulle motor vir hom gegee om skool toe te ry. Ná die eksamen het hy nog vier leerlinge vervoer en was in ‘n ongeluk betrokke. Drie leerlinge het gesterf terwyl ander kritieke beserings opgedoen het.

Die leerlinge wat betrokke was, is Calvin Makola (gr.11), Mohlahlo Mojakgomo (gr.9), Mokabane Herbert en Mokoana Blessing (gr.10) en Mathibela Bongani (gr.12). Mokoana Blessing en Mathibela Bongani is op die toneel oorlede. Die ander drie leerlinge het kritieke beserings opgedoen en is na St. Ritas-hospitaal geneem.

Hoërskool A.M. Mashego het die motorongeluk tussen 12:50 en 13:00 bevestig. Luidens ‘n amptelike dokument van die skool is die voertuig nie tydens die eksamen op die skoolterrein gesien nie. Die leerlinge het ‘n taxiroete gevolg. Die ongeluk het op die pad tussen die polisiestasie en Laerskool Onane, naby die ingang van Hoërskool Zama-Zama, plaasgevind.

Hoërskool A.M. Mashego het bevestig dat twee onderwysers, die adjunkhoof, die skoolhoof en die kringbestuurder hulle na die toneel gehaas het en gesien het wat gebeur het.

Die skole-beheerliggaamfederasie het ’n verklaring uitgereik waarin medelye met die verlies van drie leerlinge betuig is. Nie net het Blessing en Bongani op die toneel gesterf nie, maar ‘n derde leerling het in die hospitaal gesterf. Die federasie het na ‘n vorige voorval gedurende 2019 verwys waartydens vyf leerlinge van dieselfde skool in ‘n motorongeluk gesterf het.

Lees beide verklarings van die skool en federasie hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief