FRANKRYK. – Nog vier verdagtes is in hegtenis geneem vir die roof by die Louvre-museum in Oktober.
Lees ook: Louvre-verdagtes erken ‘gedeeltelike betrokkenheid’
Twee mans, 38 en 39 jaar oud, en twee vroue, 31 en 40 jaar, is gister in hegtenis geneem.
Volgens die Franse media is een van die verdagtes wat gister in hegtenis geneem die laaste verdagte, wat die rooftog uitgevoer het.
Die ander drie verdagtes en ‘n vrou is reeds aangekla. Die vrou en een van die mans wat reeds aangekla is, is in ‘n verhouding en het ontken hulle is betrokke, terwyl die ander twee mans “gedeeltelik erken het” dat hulle betrokke was.
Vier verdagtes het op 19 Oktober met ‘n gesteelde meganiese hysbak deur die Galetie d’Appolon by die Louvre ingebreek en verskeie juweelitems wat aan die Franse koninklike familie behoort, gesteel en was binne sewe minute weer vort.
Die juwele wat gesteel is, is steeds nie gekry nie.
Bronne: BBC, CNN, Euronews
Lees ook: Louvre-verdagtes erken ‘gedeeltelike betrokkenheid’





