Broer wat suster aanrand en verwurg vir moord gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Herman Hermanus du Toit is in die Kimberley-hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Ellen Lorraine Botha (58). Du Toit is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Du Toit het op die aanklagte teen hom skuld beken.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Du Toit en Botha het saam in New Park gewoon toe hy haar op 16 Februarie 2020 aangerand het. Hy het self vir AO Henk van der Merwe gebel en gesê dat hy sy suster aangerand het en dat sy bewusteloos is. Sy is op die toneel dood verklaar. ’n Nadoodse ondersoek het bevind dat sy aan bloedinaseming weens die besering van ‘n stomp voorwerp, met tekens van verwurging, gesterf het.

Die minimum vonnisbepalings van Artikel 51(2) van die Strafregwysigingswet was van toepassing, aangesien die misdryf plaasgevind het voordat wysigings in werking getree het wat lewenslange tronkstraf vir moorde in huishoudelike verhoudings voorskryf. Sonder wesenlike en dwingende omstandighede sou die hof ’n minimum vonnis van 15 jaar moes oplê.

Die staat het ’n vonnis van 18 jaar tronkstraf gevra, maar die hof het bevind dat daar wesenlike omstandighede is om van die minimumvonnis af te wyk. Die hof het onder meer Du Toit se ouderdom, dronkenskap, provokasie tydens die misdaad en die feit dat hy nie weer oortree het nie, in ag geneem.

Du Toit is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief