Taxi-eienaar ná noodlottige ‘sleepvoorval’ in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ’n Taxi-eienaar (37) is deur die Sebayeng-polisie in hegtenis geneem, nadat ‘n sokkertoeskouer (29) tydens ‘n wedstryd dood is. Die toeskouer is glo deur ‘n voertuig gesleep en het later aan sy beserings beswyk.

Luidens ‘n verklaring deur polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die voorval Donderdag ná 16:00 by die Ga-Dikgale-sokkergrond plaasgevind. Die polisie het berig ontvang dat ‘n toeskouer deur ‘n motorvoertuig gesleep is. Die slagoffer het ernstige beserings opgedoen en is eers na ’n plaaslike kliniek geneem voordat hy per ambulans na die Mankweng-hospitaal vervoer is. Hy het later aan sy beserings beswyk. Sy identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Volgens voorlopige inligting het ’n woordewisseling glo tussen ondersteuners uitgebreek, waarna die oorledene se sak na bewering geneem en in die verdagte se taxi geplaas is. Die oorledene het glo die bestuurder genader en gevra dat die sak teruggegee word, maar die bestuurder het geweier en weggetrek. Die man het toe probeer om die voertuig te stop, waarna hy geval het en deur die taxi tot op die R81-pad gesleep is.

’n Saak van moord is geopen en die betrokke taxi is as deel van die ondersoek gekonfiskeer. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Mankweng-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief