MPUMALANGA. – Twee soldate van Macadamia-weermagbasis het op Kersdag tydens operasie Corona verdrink. Die militêre voertuig waarin hulle roetinepatrolliedienste uitgevoer het, is deur die Nkomazirivier in Komatipoort meegesleur.
Die SANW sê een van die soldate se liggame is reeds uit die rivier, wat weens onlangse reën in vloed was, gehaal, terwyl die tweede een steeds gesoek word.






