MPUMALANGA. – Sewe mense is Saterdagoggend omstreeks 01:00 in ‘n kop-aan-kop-botsing tussen twee voertuie op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast dood. Nog een persoon is ernstig beseer.
Luidens ‘n verklaring deur Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, word die beseerde persoon tans by ‘n hospitaal in Belfast behandel. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Voorlopige ondersoek dui op gevaarlike verbysteek en oormatige spoed.
Jackie Mace, die LUR vir dié departement, maan motoriste om veral snags uiters waaksaam te wees wanneer sig beperk is. Gereelde rusperiodes moet tydens lang reise geneem word.







