Vermiste 15-jarige dood aangetref, pa ook gehang gevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Xilaveko Suke (15) en Peter Themba Baloyi (45), haar pa, is op 22 Desember as vermis aangemeld. Hulle het glo haar huis verlaat en het nie weer opgedaag nie. Suke se liggaam is op Kersdag in die Rotterdam-woonbuurt aangetref en ‘n moordsaak is geopen. Baloyi is Vrydag aangetref waar hy aan ‘n boom in bosse hang.

Die tienermeisie se ouers het in een woonbuurt gewoon, maar nie saam nie. Luidens ‘n verklaring deur polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die tienermeisie en haar pa die huis op die betrokke datum saam verlaat, waarna hulle gesoek is. Hulle sou inkopies in Giyani doen, maar hulle selfone was afgeskakel.

Op Kersdag is die polisie kort voor 09:00 na Baloyi se huis ontbied, waar die meisie se liggaam deur die ouma aan vaderskant in ’n eenkamerhuis uitgewys is. Die liggaam was gedeeltelik ontbind en het ’n steekwond gehad. Die pa se huis is later dieselfde dag uitgebrand aangetref. Baloyi se liggaam is in die bosse naby die woonbuurt gevind.

Buiten die moordsaak en die brandstigtingsaak, het die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. Ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief