Vrou in Akasia vermis, ontvoering ondersoek

Lees ook :

Foto's: Missing Person South Africa en Sally Lena Dietzsch

GAUTENG. – Sally Lena Dietzsch (69) word sedert 2 Januarie gesoek nadat sy laas in Orchards, in die Akasia-gebied noord van Pretoria, by haar huis gesien is. Sy is aanvanklik as vermis aangemeld, maar die saak is later na ’n ontvoeringsondersoek verander omdat daar reeds twee keer ‘n losprys van haar familie geëis is. Die tweede keer is die bedrag verhoog.

Kapt. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder van Tshwane-distrik, sê aan Nuusflits dat ’n liggaam wat in Pretoria-Noord gevind is, te oud is om dié van die vermiste vrou te kan wees.

Die polisiediens versoek die publiek om enige inligting wat kan help om Dietzsch veilig terug te bring, by die Akasie-polisiekantoor by 012 564 0700 aan te meld.

Bronne: SAPD en Afriforum Noord van die Berg, Missing Person South Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief