WES-KAAP. – Laerskool Gene Louw in Durbanville het Donderdag op sosiale media ‘n foto geplaas van al sy tweelinge en drielinge, met ’n rekordgetal van sewe pare tweelinge in Graad 1 vanjaar.
Volgens die skool was die fotogeleentheid daarop gemik om die leerlinge se besondere verbintenisse te vier. “Hierdie jaar is ekstra uniek, want ons het ’n rekordgetal van 7 tweelinge in Graad 1,” lui die plasing.
“Vandag het ons die besondere voorreg gehad om ons tweelinge en drielinge af te neem. Dit was ’n fees van glimlagte en spesiale oomblikke! Hierdie jaar is ekstra uniek, want ons het ’n rekordgetal van 7 tweelinge in Graad 1 – hoe besonders is dit nie! “Tweelinge: twee harte, een band – ’n spesiale verbintenis wat van die begin af daar is.” Ons is trots om hierdie unieke Genies deel van ons skoolfamilie te hê.”






One Response
Pragtig
Wat is in WP se.water gewees.