LIMPOPO. – President Cyril Ramaphosa, die premier, dr. Phophi Ramathuba, en me. Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, het Donderdag Mbaula in die Mopani-distrik besoek. Meer as 38 huise is deur vloede weggespoel en ongeveer 85 is beskadig is, wat ’n aantal inwoners sonder skuiling gelaat het.
Die president het sy besoek in Tshakhuma begin, waar ’n aantal huise steeds onder water is. Hy het aan inwoners gesê die regering het hulpbronne in plek gestel om verligting aan dié in nood te bring.
Volgens Ndavhe Ramakuela, woordvoerder van die provinsiale regering, het die voortdurende swaar reën in Limpopo in ‘n wye gebied vloede en skade aan infrastruktuur veroorsaak, wat gemeenskappe in verskeie distrikte, veral Vhembe en Mopani, sowel as dele van Waterberg, Sekhukhune en Capricorn, geraak het.
Die provinsie se onderwysdepartement het Dinsdag reeds aangekondig dat skole in dele van die Vhembe- en Mopani-distrikte nie op 14 Januarie heropen is nie. Volgens dié departement sal die toestand van die gebiede daagliks saam met rampbestuurspanne in die munisipaliteite gemonitor word. Die vloede het ook die voorsiening van kos en vervoer vir leelinge wat ver van skole woon, ontwrig. Die departement sal adviseer wanneer dit veilig is om die skoolaktiwiteite in die geteisterde gebiede te hervat.





Bronne: Kantoor van die Premier: Limpopo Provinsiale Regering, Newzroom Afrika, Limpopo Departement van Onderwys