GAUTENG. – Borgtog van ses weermaglede is Vrydag in die Johannesburg-hooggeregshof herroep. Die beskuldigdes staan tereg op betrokkenheid by die beweerde ontvoering van twee mans in Desember 2022 by die Mall of Africa en moord op lt.kol. Frans Mathipa, Valke-ondersoeker, gedurende Augustus 2023.
Luidens ‘n verklaring van Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, volg die beslissing op ’n suksesvolle appèlaansoek deur die staat teen ’n vorige borgtogbesluit.
Die hof het gelas dat die ses beskuldigdes op 23 Januarie in aanhouding geplaas word. Die saak sal op 30 Januarie vir verdere verrigtinge in die Randburg-landdroshof voortgesit word.





