KYK: Vier verdagtes deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD Video's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Vier verdagtes is Vrydag in Woodlands, Montclair, suid van Durban, tydens ‘n skietery met die polisie dood. Die mans word aan verskeie rooftogte in die eThekwini-distrik, insluitend die roof van ’n juwelierswinkel in Tongaat op 15 Januarie, verbind. Die voorval het reg langs Laerskool Woodlands plaasgevind.

Luidens ‘n verklaring van kol. Robert Netshiunda het die polisie die verdagtes by ’n private woning in Glanvilleweg opgespoor, waarna ‘n skietery uitgebreek het. Vier verdagtes is doodgeskiet en sewe ander is met beserings in hegtenis geneem en onder polisiebewaking in ‘n hospitaal opgeneem. Die beseerde verdagtes sal in die hof verskyn wanneer hulle medies geskik is.

Die polisie het op drie vuurwapens beslag gelê. Daar word na minstens nog vyf verdagtes wat weggekom het, gesoek.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens was op die toneel by Stanbridge Crescent teenwoordig waar die beseerdes behandel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief