SANW-amptenare wat vir moord en ontvoering teregstaan op borgtog vrygelaat

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Sunnybooi Pinny Wambi, Edward Albert van Deventer, David Mogaditswe, Kgosietsile Letsatsi, Samkelo Ngwenya, Jonathan Nteleza, Paulos Matlou, Herbert Mashego, Solomon Lechoenyo, Jacob Mokoena, Richard Mpoetsi en Olyn Lenardus het vandag (Vrydag) in die Randburg-landdroshof verskyn waar elkeen op R10 000 borgtog vrygelaat is.

Kol. Katlego Magale, Valke-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring die beskuldigdes se hofverskyning hou verband met die moord van lt.kol. Frans Mathipa. Die kolonel, wat aan die Valke se afdeling vir misdaad teen die staat in Gauteng verbonde was, was op 6 Augustus 2023 aan diens en besig met ‘n ondersoek van beweerde ontvoering teen die verdagtes toe hy doodgeskiet is. Hy was op die N1 naby Hammanskraal waar hy in die ry geskiet is. Ná hy geskiet is, het sy voertuig beheer verloor en van die pad af gery.

Die beskuldigdes word glo ook verbind aan ’n saak van ontvoering van twee buitelandse mans op 29 Desember 2022 by ’n winkelsentrum in Midrand.

Die saak is vir die appèl van die borgtog tot 17 Julie uitgestel.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring aan Nuusflits die hof het bevind dat die beskuldigdes geskikte kandidate is om op borgtog vrygelaat te word. Die beskuldigdes word deur verskeie ernstige aanklagte , insluitend drie klagte van moord, ontvoering, bedrog, regsverydeling, meineed en diefstal van ’n motorvoertuig in die gesig gestaar. Die aanklagte hou verband met die beweerde ontvoering van Abdella Hussain Abadiga en Kadir Jemal Abotese, wat glo na die Zwartkop- militêre basis geneem is. Hulle is steeds vermis.

Lt.kol. Mathipa, ’n lid van die Valke, was besig om die ontvoering te ondersoek toe hy op 6 Augustus 2023 op die N1 doodgeskiet is. Die skietery het glo vanuit ’n SANW-voertuig plaasgevind.

Die verdediging het beëdigde verklarings van die beskuldigdes voorgehou waarin hulle ontken dat hulle betrokke was by die voorvalle. ’n Verklaring van hul bevelvoerder is ook ingedien. Die staat het ’n uitgebreide verklaring van die ondersoekbeampte aangebied waarin dit gestel is dat die beskuldigdes gevaarlik is, aangesien hulle opgelei is om hoëkaliberwapens te gebruik. Die verklaring bevat ook besonderhede oor hoe elke beskuldigde aan die oortredings gekoppel word en hoe hulle glo probeer het om van die voertuig ontslae te raak wat met Mathipa se moord verbind word.

Mjonondwane sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het met teleurstelling van die hof se beslissing kennis geneem en het vir verlof tot appèl versoek dat die saak tot Donderdag 17 Julie 2025 uitgestel word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief