Lewensredders help ná motorongeluk – nie net helde op strand nie

Lees ook :

Foto's: Strandfontein Lifesaving

WES-KAAP. – Strandfontein Lifesaving-lewensredders het Woensdag vinnig en professioneel hulle vaardighede op ‘n ongelukstoneel toegepas. 16 passasiers, van wie drie kinders, is deur die ongeluk van ’n silwerkleurige Volkswagen Polo en ’n wit Toyota Avanza op Old Strandfonteinweg, tussen Baden Powell-rylaan en Pelican Heights, geraak.

Volgens Strandfontein Lifesaving het beserings van lig tot vermoedelike rugbeserings gewissel. Die eerste persone op die toneel was lewensredders Lisa Adams en Sanele Mkhasibe, wat die passasiers onmiddellik uit die voertuie gehelp en beserings begin evalueer het.

Toe nooddienste nie dadelik bereik kon word nie, het Lisa Adams vir Luqmaan Naidoo, ‘n senior lewensredder, gekontak. Naidoo en die res van die Strandfontein-span en Paul Newman het na die toneel gehaas. Die span het beseerdes behandel en die ernstigste beserings eerste geprioritiseer, terwyl ’n sleepwa-bestuurder die verkeer veilig gekoördineer het. Alle passasiers is gestabiliseer en later suksesvol aan nooddienste oorhandig.

Livesaving South Africa het die Strandfontein-span geprys vir hul samewerking, vinnige optrede en professionele hantering van die situasie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief