Verskeie dood en beseer in busongeluk – pad gesluit

Lees ook :

Foto: Limpopo departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – Verskeie mense is dood en nog is beseer in ‘n busongeluk vanoggend (Donderdag). Die N1-29 naby Ingwe Lodge buite Makhado is in albei rigtings gesluit. Die bus met passasiers het die pad verlaat en het in ‘n sloot beland. Die presiese sterfgetal en aantal beseerdes is nog nie bevestig nie.

Violet Mathye, die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, sal die toneel vanoggend besoek. Volgens die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid was die bus van Gauteng na Zimbabwe onderweg. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die voertuig lê steeds in die sloot, wat dit moeilik maak om vas te stel hoeveel insittendes in die bus was. Nooddienste is op die toneel en ondersoeke duur voort.

Motoriste word aangeraai om van die R523 (Nzhelele-pad) gebruik te maak: Vanaf Makhado (Witvlag): Draai regs op die R523. Vanaf Musina: Draai links by Willysport. Vanaf Siloam: Draai regs op die R523. Padgebruikers word versoek om die gebied te vermy totdat die pad heropen word. Verdere inligting sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief