Stad Kaapstad waarsku Kaapenaars om hierdie week gehidreer te bly in die lig van stygende temperature. Watergebruikers is ook verder gemaan om water net vir noodsaaklike doeleindes te gebruik te midde van pogings om die damvlakke bestuur.
Gedurende die afgelope week het waterverbruik gedaal na 1 032 miljoen liter per dag (MLD). Die vorige week was die verbuik 1 052 MLD, 56 MLD oor die verbruiksbegroting.
Kaapstad se huidige damvlakke is tans op 57,2%.
“Terwyl Kaapstad hierdie week warm weer ervaar en ons ongetwyfeld gehidreer en koel moet bly, moet ons nie vergeet om water verstandig te gebruik in ons huise, besighede en nywerhede nie.”
“Ons verbruik lê tans ver bo die teiken van 975 ML/d wat gestel is om ons te help om die voorsiening tot die winter te bestuur.”
“Met damvlakke wat 19% laer is as verlede jaar en onvoorspelbare reënval, moet ons altyd verantwoordelik met water omgaan en waterwys wees, veral hierdie somer.”
“Al is daar geen onmiddellike rede tot kommer oor watervoorsiening in Kaapstad nie, gebruik ons almal water, en ons moet almal waar moontlik spaarsamig wees,” het rdl. Zahid Badroodien, lid van die Burgemeesterskomitee vir Water en Sanitasie, gesê.
Wenke om waterverbruik te verminder:
- Vind en herstel waterlekkasies op jou eiendom om die mors van water te verminder
- Monitor eie verbruik en maak moeite om water te spaar.
- Meld gebarste munisipale pype onmiddellik aan die Stad via amptelike kanale aan.
Maniere om ’n lek of gebarste pyp aan te meld:
- Bel 086 010 3089 (kies opsie 2)
- SMS na 31373
- WhatsApp 060 018 1505
- E-pos: [email protected]
Verskaf’n presiese ligging of adres wanneer jy ’n probleem aanmeld. Eis altyd ’n verwysingsnommer.
Wenke om water te spaar: www.capetown.gov.za/savewater
Bron: Stad Kaapstad





