NOORDWES. – Sewe verdagte mans, tussen 30 en 58 jaar oud, is Dinsdagoggend in Klerksdorp in hegtenis geneem, nadat hulle glo beplan het om ’n OTM in die sakekern op te blaas.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die eenheid het vinnig toegeslaan voor die verdagtes hulle plan kon uitvoer, ná betroubare inligting oor ’n beplande OTM-bomaanval ontvang is. Tydens die operasie is daar op ’n geweer, ’n handwapen en plofstof beslag gelê. ’n Voertuig wat vermoedelik gesteel is, is ook in beslag geneem.
Die sewe sal aangekla word van onder meer die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sameswering om ’n misdaad te pleeg en die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Hulle sal binnekort in die Klerksdorp-landdroshof voorkom.








2 Responses
I have been absent for a while, but now I remember why I used to love this website. Thank you, I will try and check back more frequently. How frequently you update your website?
Hey very cool website!! Man .. Beautiful .. Amazing .. I’ll bookmark your site and take the feeds additionally…I am glad to search out a lot of useful information right here in the put up, we need develop more strategies on this regard, thank you for sharing. . . . . .