Ontvoerde slagoffer lewend gevind, 4 in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ’n Man (38) is veilig teruggevind nadat hy glo ontvoer is. Vier verdagtes tussen 21 en 38 jaar oud is kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

Lt.kol. Paul Magwaza, polisie-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die slagoffer se familie in Paddock het Sondag die ontvoering aangemeld. ’n Gesamentlike span het inligting opgevolg wat hulle na ’n winkel in St. Georgestraat in Durban gelei het, waar drie verdagtes vasgetrek is. Beamptes het hul voertuig deursoek en twee bankkaarte van die slagoffer, asook ’n SIM-kaart, gevind. Verdere ondersoek het die polisie na Mayville geneem waar die ontvoerde man lewend aangetref is. ’n Vierde verdagte is ook daar in hegtenis geneem.

Die vier staan tereg op aanklag van ontvoering en sal Woensdag in die Port Shepstone-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

  1. I will right away clutch your rss as I can’t find your e-mail subscription link or newsletter service. Do you’ve any? Please let me realize so that I may just subscribe. Thanks.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief