WES-KAAP. – Stanislav Stamenov (41), ook bekend as Stanislav Sevdanilov, ‘n Bulgaar wat deur Roemeense owerhede gesoek word, is soos voorheen berig Vrydagoggend in Constantia in hegtenis geneem. Hy het Maandag oor sy uitlewering in die Wynberg-landdroshof voorgekom. Die saak kom weer Woensdag voor wanneer ‘n landdros uitspraak sal lewer oor ‘n voorlegging wat sy regsverteenwoordiger, William Booth, oor sy inhegtenisneming gemaak het.
Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die voortvlugtige is op ’n Interpol rooi kennisgewing deur beamptes van die polisie se nasionale intervensie- en misdaadintelligensie-eenhede vasgetrek. Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Stamenov is gedurende 2009 in Roemenië vir dwelmhandel gevonnis, maar het kort daarna gevlug. Hy was glo deel van ’n georganiseerde misdaadgroep wat heroïen na Roemenië gesmokkel het. Volgens owerhede het hy hom vir etlike jare in Kaapstad skuilgehou en as ’n gimnasiuminstrukteur by verskeie bekende fiksheidsklubs gewerk. Hy is op Interpol se rooilys gesirkuleer, wat wêreldwyd versoek dat wetstoepassingsagentskappe help om ’n voortvlugtige op te spoor en aan te keer.






2 Responses
Hello there, just became alert to your blog through Google, and found that it is truly informative. I am gonna watch out for brussels. I will appreciate if you continue this in future. A lot of people will be benefited from your writing. Cheers!
This is the right blog for anyone who wants to find out about this topic. You realize so much its almost hard to argue with you (not that I actually would want…HaHa). You definitely put a new spin on a topic thats been written about for years. Great stuff, just great!