OVK waarsku teen vals nuus voor plaaslike verkiesing

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vals nuus en bedrogpogings in die voorbereidings vir die volgende plaaslike regeringsverkiesing.

Luidens ‘n verklaring van die kommissie doen vals webtuistes en misleidende kennisgewings tans die rondte, aanlyn en op sosiale media. Sommige van dié platforms gee voor dat dit amptelike verkiesingswebwerwe is en probeer mense oorreed om persoonlike inligting soos ID-nommers, telefoonnommers en adresse te deel. Die kommissie sê kiesers moet slegs die amptelike registrasieportaal gebruik en nie op onbekende skakels klik of persoonlike besonderhede op onbetroubare webwerwe invul nie.

Die OVK het ook bevestig dat ’n vals werwingskennisgewing oor verkiesingsposte op sosiale media versprei word. Alle amptelike poste word slegs op die kommissie se amptelike webwerf gepubliseer en geen betaling word ooit tydens die aansoekproses vereis nie.

Die datum van die plaaslike verkiesing sal eers amptelik deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake geproklameer word. ‘n Kiesersregistrasienaweek is vir 20-21 Junie beplan.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief