The Walt Disney Company vier die 100ste herdenking van die geliefde karakter Winnie the Pooh met ’n reeks nuwe produkte, stories en publikasies.
Volgens Disney bekoor Winnie the Pooh al vir generasies aanhangers met sy sagte humor, wysheid en verbeelding. Disney het byna 60 jaar gelede die wêreld van die 100 akker bos deur animasie na televisie- en rolprentgehore gebring.
In ‘n verklaring sê dié vermaaklikheidsreus die mylpaal herdenk die publikasie van die oorspronklike boek Winnie-the-Pooh deur A. A. Milne in 1926. Die honderdjarige viering sal deurlopend gedurende 2026 plaasvind en sluit nuwe samewerkings, inhoud en ander projekte in wat op Pooh se nalatenskap fokus. Die animasielegende Mark Henn, wat aan die 2011-rolprent Winnie the Pooh gewerk het, sê dit was een van die grootste vreugdes van sy loopbaan om die karakter te animeer.
As deel van die viering wys die Walt Disney Archives ook ’n uitgebreide versameling kunswerke, dokumente, animasiemateriaal en produkte wat die geskiedenis van Winnie the Pooh oor dekades heen uitbeeld.
Druk hier om meer te lees.





