Lees hier as jy ‘n Toyota Land Cruiser, Lexus of Ford ry – voertuie herroep

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die nasionale verbruikerskommissie (NVK) het ‘n herroeping van voertuie aangekondig wat verskeie modelle van Toyota, Lexus en Ford raak.

Volgens die NVL word 110 Lexus LX500d-voertuie, 1 846 Toyota Land Cruiser LC300-modelle en 582 Ford Transit en Transit/Tourneo Custom-voertuie deur die herroeping geraak. Die Land Cruiser-voertuie is gedurende Januarie 2025 en Januarie 2026 verkoop, die Lexus-voertuie tussen Maart 2025 en Januarie 2026 en die Ford-voertuie tusen 2022 en 2026.

Motoriste wat deur die herroeping geraak word, word versoek om hul voertuie na gemagtigde handelaars te neem. Die nodige herstelwerk en sagteware-aanpassings sal gratis gedoen word. Die kommissie het verbruikers aangemoedig om dringend van die herroeping kennis te neem en hul voertuie te laat nagaan om moontlike veiligheidsrisiko’s te beperk.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief