Die nasionale verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat Cartrack ingestem het om R5 miljoen aan administratiewe boetes te betaal. Boonop sal R5,1 miljoen aan verbruikers terugbetaal word.
Die ooreenkoms volg ná ’n ondersoek na klagtes oor Cartrack se sakepraktyke, wat nie ten volle aan die vereistes van die verbruikersbeskermingswet voldoen het nie. As deel van die skikking moet Cartrack ook sy bepalings en voorwaardes wysig om in ooreenstemming te wees met die wetgewing en te verseker dat verbruikers beter beskerm word. Die NKV sê die terugbetalings sal aan geraakte kliënte gemaak word, terwyl die boete dien as ’n waarskuwing aan ander diensverskaffers om aan verbruikerswette te voldoen.
Die kommissie het beklemtoon dat hy voortgaan om maatskappye aanspreeklik te hou en op te tree teen onbillike of misleidende praktyke wat verbruikers benadeel.
