2 beseer tydens voorval by DBV-kantoor

Lees ook :

Foto: Springs-DBV

GAUTENG. – Twee mense, insluitend Mandie van die Springs DBV-kantoor, is Vrydag tydens ‘n voorval beseer, wat volgens dié diens groot skok onder besoekers veroorsaak het.

Springs DBV se bestuur vra om verskoning aan enigiemand wat die voorval beleef het en bevestig dat dit ontstellend was vir die publiek én personeel. Volgens die organisasie is hul werknemer Mandie, wat ook beseer is, vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem en sy is besig om te herstel.

Die DBV sê voorts die saak word tans ondersoek en hulle kan nie verdere besonderhede bekend maak nie, maar werk saam met owerhede. Ondanks die voorval bly hulle daartoe verbind om diere te beskerm en hulle werk voort te sit.

Die organisasie het ook hul dank uitgespreek teenoor Blue Hawk Tactical en die Springs-polisiekantoor vir hul vinnige optrede, asook Parklands-hospitaal vir die sorg wat aan die beseerde werknemer verleen is.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief