Video van transitoroof in berig.
KWAZULU-NATAL. – ’n Verdagte wat vermoedelik Maandag by ’n transitorooftog in Kranskop se sakekern betrokke was, is dood in ’n verlate voertuig naby Nkandla aangetref. Hy is glo tydens die misdaad beseer. Die polisie is tans op soek na nog verdagtes, wat glo deel van ‘n groep van 12 was.
Kol. Robert Netshiunda sê ’n onbekende bedrag geld is uit ‘n kontantwa gesteel en drie veiligheidswagte is van hul vuurwapens beroof. Volgens rapportering het die verdagtes ook op ’n polisiekantoor geskiet, maar niemand is in die voorval beseer nie. Vier voertuie is ook gekaap en as wegkomvoertuie gebruik. Die verdagte het homself na bewering beseer toe springstof hanteer is. Sy liggaam is die volgende dag langs ’n grondpad naby die Tugelarivier ontdek.
Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom.





