Carmi ná slangbyt uit hospitaal ontslaan

Lees ook :

Foto's: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control

Carmi Louw (9) van Kathu is op 4 April, tydens ‘n vakansie in Chintsa in die Oos-Kaap, deur ‘n pofadder gebyt. Ná hospitalisasie in die Life Beacon Bay pediatriese intensiewesorgeenheid in Oos-Londen, is sy Saterdag ontslaan, nadat sy met haar voetjie plat kon loop.

Eduanne Niemand van Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control sê Carmi is ontslaan en het sy waardering uitgespreek teenoor haar ouers vir hul volgehoue liefde, geduld en daaglikse terugvoer oor haar toestand. Hy het voorts gesê dat hy eendag by Melanie en Jaco, Carmi se ouers, in Kathu sal gaan kuier om die “beste ouers” te kan ontmoet. Die publiek is vir hul gebede en ondersteuning bedank wat volgens hom ’n groot rol in Carmi se herstel gespeel het. “Liewe Carmi as jy terug gaan skool toe, gaan die maatjies aan jou lippe hang as jy jou verhaal vertel, jy moet jou been oppas en vinnig gesond word.”

Carmi is op 3 April hospitaal toe gehaas nadat sy deur ‘n pofadder aan haar kuit gebyt is, wat tot ernstige swelling gelei het. Dokters moes vinnig ingryp om druk te verlig en haar bloedsomloop te beskerm, waarna sy in intensiewe sorg opgeneem is en verdere behandeling ontvang het. Ten spyte van intense pyn ná die voorval, het haar toestand geleidelik verbeter. Dokters kon haar wonde uiteindelik suksesvol in die teater toemaak sonder ’n veloorplanting, waarna haar herstel goed gevorder het.

Die voorval het groot reaksie ontlok, met mense regoor die land wat ondersteuning en gebed op Niemand se blad aangebied het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief