Nuwe selfvertroue vir SA-vroue 4×100 m-span na oorwinning

Lees ook :

Foto bron: Gabriella Marais SABC Sport

’n Nuwe nasionale rekord in die vroue 4×100 m-aflos het Jingqi, Kayla la Grange, Marais en Joviale Mbisha se name in die Suid-Afrikaanse atletiekgeskiedenis verewig.

Lees ook: http://Gout Gout storm geskiedenisboeke in met o.20-wêreldrekord

Met spoed, presisie en suiwer vasberadenheid het die 5-stuks daarin geslaag om met ’n blitsige tyd van 43.22 goud te wen.

Dié aflosspan wat bestaan uit Kayla la Grange,  Joviale Mbisha, Rume Burger en Gabriella Marais het hulle wen verseker voor Hongarye (43.93) en Menlopark (45.15).

La Grange het tydens ‘n onderhoud gesê die eerste Simbine Classic 2026 het die vroue se 4×100 m-span selfvertroue gegee. Dit het hulle ook voorberei vir ’n besige kompetisiekalender.

“Eerlikwaar gee dit ons meisies baie selfvertroue. Dit is die eerste keer in ’n ruk dat Suid-Afrika weer ’n 4×100 m-vrouespan stuur,” het sy aan SABC Sport gesê.

Sy sê die oorwinning wys dat hulle dit kán doen en nie onderskat moet word nie. “Ons is is hier om te wen.”

Die 21-jarige La Grange het bygevoeg dat hulle min voorbereiding gehad het en dit ’n ongelooflike ervaring was om teen internasionale atlete mee te ding.

Aanvanklik buite die top 24, het die span uiteindelik ’n plek by die World Relays 2026 in Gaborone, Botswana, verseker ná onttrekkings deur verskeie lande. La Grange sê sy het eers van haar insluiting gehoor tydens die USSA-kampioenskappe.

Die span staan nou sterk as top 24 en is verseker van hulle deelname aan die  World Relays 2026 in Gaborone, Botswana.

Bron: SABC Sport

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief