5 in hof oor beweerde moord op Emmanuel Mbense

Lees ook :

Foto: NVG en Opod

GAUTENG. – Julius Doctor Mkhwanazi (50), Cobus Janse van Rensburg (42), ‘n sakeman, Adrian Norman Mackenzie (43), ‘n voormalige Ekurhuleni-metropolisiebeampte-beampte, asook Bhekokwakhe Sibande (36) en Keisha-Leigh Stols (40) – twee voormalige polisiebeamptes – het Donderdag in die Brakpan-landdroshof verskyn. Hulle staan op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en verydeling van die regsproses in verband met die beweerde moord op Emmanuel Mbense tereg.

Lumka Mahanjana en Lizzy Suping, woordvoerders vir die NVG en Opod, sê in ‘n gesamentlike verklaring volgens die staat het die vyf Mbense op 14 April 2022 by sy woning aangerand en vermoor nadat hulle vermoed het hy het koper by ‘n pakhuis gesteel. Ná die beweerde moord is hy glo van sy eiendom en sowat R500 000 kontant beroof, waarna sy liggaam na bewering by die Spaarwaterdam gestort is.

Die saak is tot 13 Augustus uitgestel sodat die staat verskeie aansoeke wat deur sommige van die beskuldigdes se regsverteenwoordigers ingedien is, kan oorweeg.

Mkhwanazi, Stols en Mackenzie staan ook tereg op aanklagte van beweerde roof met verswarende omstandighede en bedrog in ‘n saak van R14,9 miljoen se edelstene by ‘n perseel in Killarney, Johannesburg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief